DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Skuld

  • Die goddelose leen en gee nie terug nie,
    maar die regverdige ontferm hom en gee.
  • WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
  • Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
  • Die ryke heers oor die armes,
    en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
  • Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
  • Want die Here jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
  • Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?
  • Goed wat uit niks verkry is, word minder;
    maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
  • En vergeef ons ons skulde,
    soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
  • Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
    as dit in jou mag is om dit te doen nie.
  • Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
  • Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!