DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Armoede

  • Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
  • Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
  • Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
    en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
  • In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
    maar praatjies is net tot gebrek.
  • Doen reg aan die swakke en die wees;
    gee aan die ellendige en die arme sy reg.
  • As bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
  • Die Here maak arm en maak ryk;
    Hy verneder, ook verhoog Hy.
  • En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
  • So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
  • Die ryke heers oor die armes,
    en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
  • Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
  • Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
    en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
  • Hou valsheid en leuentaal ver van my af;
    gee my nie armoede of rykdom nie,
    laat my geniet die brood wat vir my bestem is.
  • Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom,
    maar die arme hoor geen dreigement nie.
  • Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
    en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
  • En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
  • Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het,
    en die wees en hom wat geen helper het nie.
    Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom;
    en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
  • Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur.
  • DIE Gees van die Here Here is op My,
    omdat die Here My gesalf het
    om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
    Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
    om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
    en vir die geboeides opening van die gevangenis.
  • Staan op, Here! o God, hef u hand op;
    vergeet die ellendiges nie!

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk