- Die vader van 'n regverdige juig baie;
en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom. - Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
- Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie,
hoeveel minder leuentaal by 'n edele! - Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, Here, God van die leërskare, is sy Naam!
Bybelvers van die dag
Ek is vrolik in die weg van u getuienissesoos oor allerhande rykdom.






