- Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
- Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil! Sela. - Kyk, God is my helper.
Dit is die Here wat my siel ondersteun. - By U, o Here, skuil ek;
laat my nooit beskaamd staan nie.
Bevry my deur u geregtigheid. - Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef. - Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
- Die Here maak arm en maak ryk;
Hy verneder, ook verhoog Hy. - Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge. - Die heil behoort aan die Here;
laat u seën wees oor u volk! Sela. - Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
- Gee ons vandag ons daaglikse brood.
- Sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
- Terwyl onse God tog in die hemel is;
Hy doen alles wat Hom behaag. - So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
- Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
- Want U laat my lamp skyn;
die Here my God laat my duisternis opklaar. - Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
- Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.
Bybelvers van die dag
Die sot verag die tug van sy vader,maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.