- Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie. - Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.
- As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
- Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil. - My seun, luister na wat ek sê,
neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart. - Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
- Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. - Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie. - Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
- Die hele inhoud van u woord is waarheid,
en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. - Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
- Ek wag op die Here;
my siel wag, en ek hoop op sy woord. - Hy het sy woord uitgestuur,
dat Hy hulle kon gesond maak
en hulle uit hul kuile red. - Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige. - Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here Here.
- En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
- Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie. - Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
- Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. - Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
- Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
- Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
- Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
- Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. - Dit is 'n betroubare woord;
want as ons met Hom gesterf het,
sal ons ook met Hom lewe.