- Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
- Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
- IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God. - Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
- Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
- Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
- En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
- Ons hulp is in die Naam van die Here
wat hemel en aarde gemaak het. - Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
- Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur. - Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
- Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie! - Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel. - Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
- Ook dit kom van die Here van die leërskare:
Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid. - Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
- Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
- As die Here die huis nie bou nie,
tevergeefs werk die wat daaraan bou;
as die Here die stad nie bewaar nie,
tevergeefs waak die wagter. - Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
- Wie het dit gedoen en tot stand gebring?
Hy wat die geslagte roep van die begin af;
Ek, die Here, die Eerste,
en by die laaste is Ek dieselfde. - Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut. - En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.
- God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. - Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
Bybelvers van die dag
Die lankmoedige is beter as 'n held;en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.