- EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
- Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
- EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
- En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
- Laat staan en weet dat Ek God is;
Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. - Voordat die berge gebore was
en U die aarde en die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God. - Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
op die wat op sy goedertierenheid wag. - En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
- Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.
- God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. - Wie het dit gedoen en tot stand gebring?
Hy wat die geslagte roep van die begin af;
Ek, die Here, die Eerste,
en by die laaste is Ek dieselfde. - O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
- Die jong leeus ly armoede en het honger;
maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie. - En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.
- Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
- Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
- Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
- Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God! - Ú, Here, sit vir ewig,
u troon is van geslag tot geslag. - WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
- Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.
- God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
- Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
- Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
- God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
Bybelvers van die dag
Want u goedertierenheid is beter as die lewe;my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef.






