DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

God (4/4)

  • Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
  • En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
  • Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
  • Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
    die wêreld en die wat daarin woon.
  • En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
  • God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
  • Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.
  • In U wil ek bly wees en juig;
    ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste.
  • Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.
  • Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
    Hy weet wat in die duister is,
    en die lig woon by Hom.
  • LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.
  • Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
  • Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
  • En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
  • Terwyl onse God tog in die hemel is;
    Hy doen alles wat Hom behaag.
  • En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
  • Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
  • Die Almagtige — ons vind Hom nie;
    Hy is groot van krag,
    maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
  • Want wie is God buiten die Here,
    en wie 'n rots buiten onse God?
  • Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
  • Want duisend jaar is in u oë
    soos die dag van gister as dit verbyskiet,
    en soos 'n nagwaak.
  • Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou
    en sy hemelgewelf bo die aarde vestig,
    wat die waters van die see roep
    en dit uitgiet oor die aardbodem,
    Here is sy Naam!
  • En om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
  • Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk