En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Bybelvers van die dag
Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid.





