- Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
- Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
- En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
- En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
- Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
- Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
- Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
- Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
- En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
- Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
Bybelvers van die dag
Verhef U bo die hemele, o God,u heerlikheid bo die hele aarde!