- Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie. - Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom. - Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige. - Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
- Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
- Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. - Maar laat die reg aanrol soos watergolwe,
en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom. - Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
en regverdigheid — elke goeie pad. - Leer om goed te doen,
soek die reg, beteuel die verdrukker,
doen reg aan die wees,
verdedig die saak van die weduwee. - Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
- DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
- Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg! - Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
- Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. - Geregtigheid verhoog 'n volk,
maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies. - Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
en wat vra die Here van jou
anders as om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God? - Liewer 'n bietjie met geregtigheid,
as 'n menigte van inkomste met onreg. - Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
- Want die Here is ons Regter,
die Here is ons Aanvoerder,
die Here is ons Koning:
Hý sal ons verlos. - Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered. - Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
- MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.
- Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here. - Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood. - Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Bybelvers van die dag
EK het lief,want die Here hoor my stem, my smekinge,
want Hy het sy oor tot my geneig;
daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
Willekeurig Bybelvers
Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,want daaruit is die oorspronge van die lewe.Volgende vers!Met beeld






