DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Geregtigheid (3/5)

  • Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
    maar die einde daarvan is weë van die dood.
  • By U, o Here, skuil ek;
    laat my nooit beskaamd staan nie.
    Bevry my deur u geregtigheid.
  • Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
  • Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
    maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
  • Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
  • Ek is baie bly in die Here,
    my siel juig in my God;
    want Hy het my beklee met die klere van heil,
    my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
    soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
    en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
  • Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
    en verkies geeneen van sy weë nie.
    Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
    maar sy verborgenheid is met die opregtes.
  • Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
  • So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
  • ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
  • O Here, hoor my gebed;
    luister tog na my smekinge;
    verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
  • Die Here is regverdig in al sy weë
    en goedgunstig in al sy werke.
  • OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.
  • Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.
  • En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
    om julle genadig te wees,
    en daarom sal Hy Hom verhef
    om Hom oor julle te ontferm;
    want die Here is 'n God van die gerig.
    Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
  • Doen reg aan die swakke en die wees;
    gee aan die ellendige en die arme sy reg.
  • Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
  • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
  • Met my siel begeer ek U in die nag;
    ook met my gees in my binneste soek ek U;
    want as u oordele op die aarde is,
    leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
  • Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
  • Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
  • Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.
  • Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
    maar die mond van die goddelose verberg geweld.
  • En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die Here onse God soos Hy ons beveel het.

Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk