DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Geregtigheid (3/5)

  • Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
    maar die einde daarvan is weë van die dood.
  • By U, o Here, skuil ek;
    laat my nooit beskaamd staan nie.
    Bevry my deur u geregtigheid.
  • Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
  • Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
  • Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
    maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
  • Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
    en verkies geeneen van sy weë nie.
    Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
    maar sy verborgenheid is met die opregtes.
  • So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
  • Ek is baie bly in die Here,
    my siel juig in my God;
    want Hy het my beklee met die klere van heil,
    my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
    soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
    en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
  • Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
  • Die Here is regverdig in al sy weë
    en goedgunstig in al sy werke.
  • O Here, hoor my gebed;
    luister tog na my smekinge;
    verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
  • ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
  • OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.
  • Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.
  • Doen reg aan die swakke en die wees;
    gee aan die ellendige en die arme sy reg.
  • Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
  • En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
    om julle genadig te wees,
    en daarom sal Hy Hom verhef
    om Hom oor julle te ontferm;
    want die Here is 'n God van die gerig.
    Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
  • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
  • Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
  • Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
  • En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
  • Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
    maar die mond van die goddelose verberg geweld.
  • Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.
  • Met my siel begeer ek U in die nag;
    ook met my gees in my binneste soek ek U;
    want as u oordele op die aarde is,
    leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.

Willekeurig Bybelvers

En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk