- Die Here is goed en reg;
daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
Hy sal die ootmoediges lei in die reg
en die ootmoediges sy weg leer. - En Hy bewaar hulp vir die opregtes,
Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel. - Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
- En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
- Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
maar die mond van die goddelose verberg geweld. - In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
ek laat jou die spore van opregtheid betree. - Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd. - Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. - WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel. - Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
- Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. - Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. - Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
- Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan. - En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
- Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
- Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
maar die naam van die goddelose vergaan. - Die Rots — volkome is sy werk;
want al sy weë is strafgerigte;
'n God van trou en sonder onreg;
regverdig en reg is Hy. - En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
- Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak
en die weg van sy gunsgenote bewaar. - Ook in die weg van u oordele
het ons U verwag, o Here!
Tot u Naam en tot u gedenknaam
gaan die begeerte van ons siel uit. - As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.
- Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood. - Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.
- Laat jou oë reguit kyk
en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.






