DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Geregtigheid (4/5)

  • Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.
  • En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die Here onse God soos Hy ons beveel het.
  • Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
  • In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
    ek laat jou die spore van opregtheid betree.
  • Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
  • Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
    dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
  • Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
  • WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
    wat in die wet van die Here wandel.
  • Want Hy weet hoe my wandel is;
    as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
    Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
    sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
  • Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
  • Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
    Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
  • Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
    die hart van die goddelose is min werd.
  • Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
    maar die hoop van die goddelose vergaan.
  • Die Rots — volkome is sy werk;
    want al sy weë is strafgerigte;
    'n God van trou en sonder onreg;
    regverdig en reg is Hy.
  • Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
  • En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
  • En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
  • Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak
    en die weg van sy gunsgenote bewaar.
  • Want U seën die regverdige, o Here,
    U omring hom met welbehae soos met 'n skild.
  • Laat jou oë reguit kyk
    en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
  • ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
  • Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
    maar die naam van die goddelose vergaan.
  • Ook in die weg van u oordele
    het ons U verwag, o Here!
    Tot u Naam en tot u gedenknaam
    gaan die begeerte van ons siel uit.
  • As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.

Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

Willekeurig Bybelvers

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk