Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.