- VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. - MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. - Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. - Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. - Die Almagtige — ons vind Hom nie;
Hy is groot van krag,
maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. - Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
- Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.
- EK het 'n verbond gesluit met my oë:
hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? - KYK, gelukkig is die man wat God kasty;
verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. - En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
Bybelvers van die dag
Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie,sodat julle kan lewe
en die Here, die God van die leërskare,
só met julle kan wees soos julle sê.
Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld






