- O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water. - Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef.
Bybelvers van die dag
Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld






