- Ja, my siel is stil tot God;
van Hom is my heil. - Hy alleen is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie. - Wees net maar stil tot God, my siel,
want van Hom is my verwagting! - Sekerlik, Hy is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. - By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God. - En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;
want U vergeld elkeen na sy werk.
Bybelvers van die dag
Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.Willekeurig Bybelvers
Die lankmoedige is groot van verstand,maar die kortgebondene behaal sotheid.Volgende vers!Met beeld






