- Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.
- Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die Here, die God van Israel.
- Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die Here onse God dien en na sy stem luister.
Bybelvers van die dag
Vertrou op die Here met jou hele harten steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.






