- En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
- En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
- Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
- Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Bybelvers van die dag
Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.Willekeurig Bybelvers
Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.Volgende vers!Met beeld