- Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
- En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
- Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
- Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
- En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Bybelvers van die dag
BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.
Willekeurig Bybelvers
Ek slaan my oë op na die berge:waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.Volgende vers!Met beeld