- Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
- Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
- Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
- Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
- Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
- Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
- Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
- Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
- En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
- Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Bybelvers van die dag
Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!Willekeurig Bybelvers
Ek slaan my oë op na die berge:waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.Volgende vers!Met beeld