- DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
- Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.
- En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
- En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Bybelvers van die dag
My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.Willekeurig Bybelvers
Geseënd is die man wat op die Here vertrou,en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.Volgende vers!Met beeld






