- Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
- EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.
- En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
- Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
- Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
Bybelvers van die dag
LOOF die Here, roep sy Naam aan,maak onder die volke sy dade bekend.
Willekeurig Bybelvers
Die vriend het altyd lief,en die broer word gebore met die oog op die nood.Volgende vers!Met beeld






