- Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
- As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
- Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
- Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
- Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
- Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Bybelvers van die dag
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld