AfrikaansČeština
CzechDansk
DanishDeutsch
GermanEnglish
EnglishEspañol
SpanishFrançais
FrenchItaliano
ItalianMagyar
HungarianMalagasy
MalagasyNederlands
DutchPolski
PolishPortuguês
PortugueseSesotho
Southern SothoSlovenský
SlovakSuomi
FinnishXhosa
XhosaZulu
ZuluΕλληνικά
GreekРусский
Russianاردو
Urduعربى
Arabicفارسی
Persianहिन्दी
Hindiবাংলা
Bengali繁體中文
Chinese (traditional)EN Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie. Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan — dink daaraan! — agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie? En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het. Willekeurige vers oor ...
Verduideliking
Elke keer as die bladsy herlaai word 'n ander inspirerende Bybelvers getoon. Klik op die knoppie 'Volgende vers' om die bladsy weer te laai!
Op soek na God se wil?
U kan 'n vraag aan God stel in 'n kort gebed en op die knoppie 'Volgende vers' druk. U sal miskien net 'n antwoord uit Sy Woord kry...Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. Help
my om die Woord van God te versprei:
Skenk