Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.