DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2015)

Saterdag, 28 Februarie 2015

Jesaja 41:10Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Vrydag, 27 Februarie 2015

En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Donderdag, 26 Februarie 2015

WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Woensdag, 25 Februarie 2015

My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Dinsdag, 24 Februarie 2015

Romeine 12:3Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Maandag, 23 Februarie 2015

En julle sal in dié dag sê:
Dank die Here, roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend,
verkondig dat sy Naam hoog is!

Sondag, 22 Februarie 2015

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Saterdag, 21 Februarie 2015

Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Vrydag, 20 Februarie 2015

Psalm 33:12Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is,
die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.

Donderdag, 19 Februarie 2015

TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Woensdag, 18 Februarie 2015

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Dinsdag, 17 Februarie 2015

Deuteronomium 5:33In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Maandag, 16 Februarie 2015

Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Sondag, 15 Februarie 2015

Spreuke 14:34Geregtigheid verhoog 'n volk,
maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.

Saterdag, 14 Februarie 2015

Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Vrydag, 13 Februarie 2015

Filippense 1:6Omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.

Donderdag, 12 Februarie 2015

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Woensdag, 11 Februarie 2015

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Dinsdag, 10 Februarie 2015

Kolossense 2:9-10Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.

Maandag, 09 Februarie 2015

En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Sondag, 08 Februarie 2015

Die trotsheid van 'n mens verneder hom,
maar die nederige van gees sal eer verkry.

Saterdag, 07 Februarie 2015

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Vrydag, 06 Februarie 2015

Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
is God in sy heilige woning.

Donderdag, 05 Februarie 2015

Hebreërs 12:1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.

Woensdag, 04 Februarie 2015

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Dinsdag, 03 Februarie 2015

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Maandag, 02 Februarie 2015

Psalm 119:7Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer.

Sondag, 01 Februarie 2015

Filippense 3:14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk