DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2015)

Saterdag, 31 Januarie 2015

Jeremia 29:11Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

Vrydag, 30 Januarie 2015

Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.

Donderdag, 29 Januarie 2015

Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.

Woensdag, 28 Januarie 2015

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Dinsdag, 27 Januarie 2015

Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.

Maandag, 26 Januarie 2015

Psalm 119:60Ek het my gehaas, en nie getalm nie,
om u gebooie te onderhou.

Sondag, 25 Januarie 2015

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Saterdag, 24 Januarie 2015

Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Vrydag, 23 Januarie 2015

IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Donderdag, 22 Januarie 2015

Romeine 12:12Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

Woensdag, 21 Januarie 2015

Psalm 119:93Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
want deur hulle het U my lewend gemaak.

Dinsdag, 20 Januarie 2015

En 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Maandag, 19 Januarie 2015

Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
is rykdom en eer en die lewe.

Sondag, 18 Januarie 2015

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

Saterdag, 17 Januarie 2015

Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

Vrydag, 16 Januarie 2015

God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Donderdag, 15 Januarie 2015

Psalm 90:4Want duisend jaar is in u oë
soos die dag van gister as dit verbyskiet,
en soos 'n nagwaak.

Woensdag, 14 Januarie 2015

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

Dinsdag, 13 Januarie 2015

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.

Maandag, 12 Januarie 2015

MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Sondag, 11 Januarie 2015

Voordat die berge gebore was
en U die aarde en die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

Saterdag, 10 Januarie 2015

Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

Vrydag, 09 Januarie 2015

Die hemele vertel die eer van God,
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
en die een nag kondig vir die ander kennis aan.

Donderdag, 08 Januarie 2015

Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Woensdag, 07 Januarie 2015

WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.

Dinsdag, 06 Januarie 2015

En onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe.

Maandag, 05 Januarie 2015

Jakobus 1:3Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Sondag, 04 Januarie 2015

Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

Saterdag, 03 Januarie 2015

1 Tessalonisense 4:16-17Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Vrydag, 02 Januarie 2015

Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Donderdag, 01 Januarie 2015

Psalm 20:5Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul!

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk