DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2014)

Woensdag, 31 Desember 2014

Die Here Here is my sterkte,
en Hy maak my voete soos dié van herte,
en Hy laat my tree op my hoogtes.

Dinsdag, 30 Desember 2014

En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

Maandag, 29 Desember 2014

Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

Sondag, 28 Desember 2014

Jakobus 5:16Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Saterdag, 27 Desember 2014

Want wie is God buiten die Here,
en wie 'n rots buiten onse God?

Vrydag, 26 Desember 2014

Lukas 2:20En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

Donderdag, 25 Desember 2014

En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Woensdag, 24 Desember 2014

Matteus 1:21En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Dinsdag, 23 Desember 2014

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Maandag, 22 Desember 2014

Spreuke 10:20Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd.

Sondag, 21 Desember 2014

Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

Saterdag, 20 Desember 2014

Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie.

Vrydag, 19 Desember 2014

1 Johannes 3:18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Donderdag, 18 Desember 2014

1 Korintiërs 15:21Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.

Woensdag, 17 Desember 2014

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Dinsdag, 16 Desember 2014

Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

Maandag, 15 Desember 2014

1 Korintiërs 15:1-2BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

Sondag, 14 Desember 2014

Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.

Saterdag, 13 Desember 2014

Romeine 5:6Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

Vrydag, 12 Desember 2014

Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!

Donderdag, 11 Desember 2014

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Woensdag, 10 Desember 2014

Romeine 13:6Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

Dinsdag, 09 Desember 2014

Psalm 56:4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Maandag, 08 Desember 2014

2 Korintiërs 5:14-15Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

Sondag, 07 Desember 2014

1 Korintiërs 15:56Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

Saterdag, 06 Desember 2014

Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

Vrydag, 05 Desember 2014

Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Donderdag, 04 Desember 2014

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Woensdag, 03 Desember 2014

Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Dinsdag, 02 Desember 2014

Kolossense 1:27Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

Maandag, 01 Desember 2014

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk