DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2015)

Dinsdag, 31 Maart 2015

Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Maandag, 30 Maart 2015

Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Sondag, 29 Maart 2015

En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

Saterdag, 28 Maart 2015

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Vrydag, 27 Maart 2015

Psalm 94:18As ek dink: My voet wankel —
dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!

Donderdag, 26 Maart 2015

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Woensdag, 25 Maart 2015

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Dinsdag, 24 Maart 2015

Psalm 119:160Die hele inhoud van u woord is waarheid,
en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Maandag, 23 Maart 2015

As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

Sondag, 22 Maart 2015

Handelinge 4:12En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Saterdag, 21 Maart 2015

Spreuke 21:3Om geregtigheid en reg te doen,
is vir die Here verkiesliker as offers.

Vrydag, 20 Maart 2015

Want die Here het 'n welbehae in sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.

Donderdag, 19 Maart 2015

Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Woensdag, 18 Maart 2015

Sefanja 3:17Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel.

Dinsdag, 17 Maart 2015

Psalm 119:165Die wat u wet liefhet, het groot vrede,
en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

Maandag, 16 Maart 2015

Matteus 5:9Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Sondag, 15 Maart 2015

Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.

Saterdag, 14 Maart 2015

EN neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

Vrydag, 13 Maart 2015

GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Donderdag, 12 Maart 2015

God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Woensdag, 11 Maart 2015

Jesaja 26:3U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,
want hulle vertrou op U.

Dinsdag, 10 Maart 2015

En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Maandag, 09 Maart 2015

Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

Sondag, 08 Maart 2015

Hebreërs 11:6En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Saterdag, 07 Maart 2015

Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Vrydag, 06 Maart 2015

Psalm 42:9Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
en in die nag sal sy lied by my wees,
'n gebed tot die God van my lewe.

Donderdag, 05 Maart 2015

1 Johannes 5:12Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Woensdag, 04 Maart 2015

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.

Maandag, 02 Maart 2015

Maar die goedertierenheid van die Here is
van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen.

Sondag, 01 Maart 2015

En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk