DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2015)

Donderdag, 30 April 2015

Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.

Woensdag, 29 April 2015

Openbaring 22:21Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Dinsdag, 28 April 2015

By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Maandag, 27 April 2015

Handelinge 4:32EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.

Sondag, 26 April 2015

1 Kronieke 29:14Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

Saterdag, 25 April 2015

Ek het Hom aangeroep met my mond,
en lofgesang was onder my tong.

Vrydag, 24 April 2015

Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.

Donderdag, 23 April 2015

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Woensdag, 22 April 2015

Psalm 119:114U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek.

Dinsdag, 21 April 2015

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Maandag, 20 April 2015

Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Sondag, 19 April 2015

Psalm 16:2Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie.

Saterdag, 18 April 2015

Josua 1:9Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Vrydag, 17 April 2015

Kolossense 3:14En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Donderdag, 16 April 2015

Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
maar die Here toets die harte.

Woensdag, 15 April 2015

Hebreërs 13:5Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Dinsdag, 14 April 2015

Maar wie roem, moet in die Here roem. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.

Maandag, 13 April 2015

Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie.

Sondag, 12 April 2015

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Saterdag, 11 April 2015

Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Vrydag, 10 April 2015

Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig.

Donderdag, 09 April 2015

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Woensdag, 08 April 2015

Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Dinsdag, 07 April 2015

As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig,
dan verkwik u vertroostinge my siel.

Maandag, 06 April 2015

Romeine 8:32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

Sondag, 05 April 2015

Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

Saterdag, 04 April 2015

Jesaja 53:3Hy was verag en deur die mense verlaat,
'n man van smarte en bekend met krankheid;
ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg;
Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Vrydag, 03 April 2015

Jesaja 53:5Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Donderdag, 02 April 2015

Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen?

Woensdag, 01 April 2015

Jesaja 33:22Want die Here is ons Regter,
die Here is ons Aanvoerder,
die Here is ons Koning:
Hý sal ons verlos.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk