DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2015)

Sondag, 31 Mei 2015

2 Tessalonisense 3:3Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Saterdag, 30 Mei 2015

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Vrydag, 29 Mei 2015

Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

Donderdag, 28 Mei 2015

2 Timoteus 1:7Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Woensdag, 27 Mei 2015

GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.

Dinsdag, 26 Mei 2015

Die Here is my lig en my heil:
vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe:
vir wie sou ek vervaard wees?

Maandag, 25 Mei 2015

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Sondag, 24 Mei 2015

EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Saterdag, 23 Mei 2015

U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Vrydag, 22 Mei 2015

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

Donderdag, 21 Mei 2015

Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Woensdag, 20 Mei 2015

Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Dinsdag, 19 Mei 2015

Jesaja 55:8Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.

Maandag, 18 Mei 2015

Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Sondag, 17 Mei 2015

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Saterdag, 16 Mei 2015

Die Here is goed en reg;
daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
Hy sal die ootmoediges lei in die reg
en die ootmoediges sy weg leer.

Vrydag, 15 Mei 2015

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Donderdag, 14 Mei 2015

EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

Woensdag, 13 Mei 2015

Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.

Dinsdag, 12 Mei 2015

Jakobus 3:18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Maandag, 11 Mei 2015

1 Tessalonisense 5:11Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Sondag, 10 Mei 2015

Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.

Saterdag, 09 Mei 2015

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Vrydag, 08 Mei 2015

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Donderdag, 07 Mei 2015

Laat jou weg aan die Here oor
en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
en jou reg soos die middag.

Woensdag, 06 Mei 2015

Matteus 6:26Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Dinsdag, 05 Mei 2015

1 Petrus 5:8Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Maandag, 04 Mei 2015

Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

Sondag, 03 Mei 2015

Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
en wat vra die Here van jou
anders as om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God?

Saterdag, 02 Mei 2015

Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Vrydag, 01 Mei 2015

Psalm 116:1-2EK het lief,
want die Here hoor my stem, my smekinge,
want Hy het sy oor tot my geneig;
daarom sal ek Hom in my dae aanroep.

Bybelvers van die dag

Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk