- WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
- Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
- Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
- Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
- En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het.
- Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
- Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Bybelvers van die dag
Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.
Willekeurig Bybelvers
Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.Volgende vers!Met beeld