- EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
- En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
- Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
- As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
- Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
Bybelvers van die dag
Die Here is goed en reg;daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
Hy sal die ootmoediges lei in die reg
en die ootmoediges sy weg leer.
Willekeurig Bybelvers
Geseënd is die man wat op die Here vertrou,en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.Volgende vers!Met beeld






