- DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
- Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
- Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
- Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
Bybelvers van die dag
Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.Willekeurig Bybelvers
Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.Volgende vers!Met beeld