Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

Bybelvers van die dag
Ook in die weg van u oordelehet ons U verwag, o Here!
Tot u Naam en tot u gedenknaam
gaan die begeerte van ons siel uit.
Willekeurig Bybelvers
Kan 'n vrou haar suigling vergeet,dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.Volgende vers!Met beeld





