DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Jeremia

  • Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
  • Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
    en wie se vertroue die Here is.
    Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
    en sy wortels uitskiet by die stroom
    en nie vrees as daar hitte kom nie,
    maar sy blad bly groen;
    en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
    en hou nie op om vrugte te dra nie.
  • Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
  • Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
  • En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
  • Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
  • Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
    verlos my, dan sal ek verlos word;
    want U is my lof.
  • Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
  • Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
    ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
    Ek, die Here, deursoek die hart,
    toets die niere,
    om aan elkeen te gee na sy weë,
    volgens die vrug van sy handelinge.
  • Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Bybelvers van die dag

Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Willekeurig Bybelvers

Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk