DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Jeremia 17

  • Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
    en wie se vertroue die Here is.
    Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
    en sy wortels uitskiet by die stroom
    en nie vrees as daar hitte kom nie,
    maar sy blad bly groen;
    en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
    en hou nie op om vrugte te dra nie.
  • Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
    ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
    Ek, die Here, deursoek die hart,
    toets die niere,
    om aan elkeen te gee na sy weë,
    volgens die vrug van sy handelinge.
  • Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
    verlos my, dan sal ek verlos word;
    want U is my lof.

Bybelvers van die dag

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Willekeurig Bybelvers

Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk