DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Jesaja 61

  • DIE Gees van die Here Here is op My,
    omdat die Here My gesalf het
    om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
    Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
    om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
    en vir die geboeides opening van die gevangenis.
  • Ek is baie bly in die Here,
    my siel juig in my God;
    want Hy het my beklee met die klere van heil,
    my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
    soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
    en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

Bybelvers van die dag

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Willekeurig Bybelvers

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk