- DIE Gees van die Here Here is op My,
omdat die Here My gesalf het
om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
en vir die geboeides opening van die gevangenis. - Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Bybelvers van die dag
En hy het gesê:Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.






