- Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
- As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
- Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
- Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
- 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
- Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Bybelvers van die dag
Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.Willekeurig Bybelvers
Omdat jy kostelik is in my oë,hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.Volgende vers!Met beeld






