- ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.
- Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
- So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.
Bybelvers van die dag
EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.Willekeurig Bybelvers
Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.Volgende vers!Met beeld






