DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Waardevolle

  • Omdat jy kostelik is in my oë,
    hooggeag is, en Ek jou liefhet,
    daarom gee Ek mense in jou plek
    en volke vir jou lewe.
  • Wie sal 'n deugsame vrou vind?
    want haar waarde is ver bo korale.
  • STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
    en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.
  • Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
    bind dit om jou hals,
    skryf dit op die tafel van jou hart,
    dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
    in die oë van God en die mense.
  • Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
  • Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
  • Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
  • Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
  • As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
  • Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.
  • Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
    die hart van die goddelose is min werd.
  • Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
  • Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk