- Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
- Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
- En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
- En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
- Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
Bybelvers van die dag
Ek het tot die Here gesê: U is my Here;vir my is daar geen goed bo U nie.
Willekeurig Bybelvers
Loof die Here, want Hy is goed,want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.Volgende vers!Met beeld






