- EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
- Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
- Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
- As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
- Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
- As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
- Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
- Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
- Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
- Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
- As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
- Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
Bybelvers van die dag
Sekerlik, Hy is my rots en my heil,my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.