- Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. - Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom,
maar die arme hoor geen dreigement nie. - Vermetelheid gee net getwis af;
maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. - Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer. - 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. - Gaan met die wyse om, dan word jy wys;
maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
Bybelvers van die dag
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.Willekeurig Bybelvers
Here, U is my God!U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.Volgende vers!Met beeld