- Was julle, reinig julle,
neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
hou op om kwaad te doen. - Leer om goed te doen,
soek die reg, beteuel die verdrukker,
doen reg aan die wees,
verdedig die saak van die weduwee. - Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Bybelvers van die dag
Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.Willekeurig Bybelvers
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.Volgende vers!Met beeld






