- Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. - Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
- Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë. - Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
- Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.






