DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 19

  • Die hemele vertel die eer van God,
    en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
    Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
    en die een nag kondig vir die ander kennis aan.
  • Die wet van die Here is volmaak:
    dit verkwik die siel;
    die getuienis van die Here is gewis:
    dit gee wysheid aan die eenvoudige.
  • Die bevele van die Here is reg:
    hulle verbly die hart;
    die gebod van die Here is suiwer:
    dit verlig die oë.
  • Laat die woorde van my mond
    en die oordenking van my hart
    welbehaaglik wees voor u aangesig,
    o Here, my rots en my verlosser!

Bybelvers van die dag

Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Willekeurig Bybelvers

En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk