- Die hemele vertel die eer van God,
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
en die een nag kondig vir die ander kennis aan. - Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige. - Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë. - Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o Here, my rots en my verlosser!
Bybelvers van die dag
Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid.






