- En hy het gesê:
Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. - Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. - By die liefderyke betoon U Uself liefderyk,
by die opregte man opreg. - Want U laat my lamp skyn;
die Here my God laat my duisternis opklaar. - Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil. - Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God? - Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.
Bybelvers van die dag
Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.Willekeurig Bybelvers
Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.Volgende vers!Met beeld






