- Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is. - Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag. - My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. - U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. - Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Bybelvers van die dag
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.Willekeurig Bybelvers
Want die Here gee wysheid,uit sy mond kom kennis en verstand.Volgende vers!Met beeld






